Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Kuier

May 22 2025
Magazine

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Kuier

HALLO, KUIER-LESERS!

BOODSKAPPE

ONS LESERS vertel… • Van onder begin kan jy dié eertydse skottelgoedwasser – wat nou haar eie eetplek besit – níks vertel nie!

‘N FORMIDABELE VIERTAL • Kelders van Geheime het met sy daaglikse dosis drama in ‘n kort tydjie hope asemsnak-oomblikke opgelewer, en dis als te danke aan die talente van gesoute akteurs soos dié vier – en met seisoen twee wat onlangs afgeskop het, slyp ons al tande vir die drama wat kom. Ons gesels met die viertal wat help om die ding te laat ruk in dié daaglikse drama

DIE SKUIF VAN GOUD NA SWART • Bejaardes moet ellelange toue verduur om hul nuwe swart Sassa-kaarte te kry. Wat steek agter dié oorskakeling? En hoe gemaak as jy nie in die ry kan staan nie?

ENDOMETRIOSE-HEL MAAK HAAR ‘N KAMPVEGTER • ‘n Verlammende toestand het haar die afgelope 13 jaar ‘n paar keer in die ICU laat beland – nou werk sy aan bewusmaking

ONS OMSKEP WANHOOP IN WAARDIGHEID • Gee haar ‘n moeilike maatskaplike kwessie en sy omskep hom vir jou in kuns en geleenthede – daarvan getuig haar lang lys prestasies

IN JADON SE SKOENE • Die jong man agter Suidooster se Carlo is ‘n agtermekaar knaap met groot drome

‘N STILLE LEESERVARING SOOS MIN • Wat sou iemand besiel om met ‘n groep vreemdelinge te gaan sit en lees in stilte? Lindsay de Freitas het gaan inloer by ‘n boekklub met ‘n verskil

‘N KAMPIOEN VIR ALMAL • ‘n Geskiedkundige sirkel is voltooi toe Dylan Naidoo onlangs die Suid-Afrikaanse Ope in gholf gewen het. Sy sege het die aandag weer gefokus op al die atlete uit ons verlede wat weens hul ras misken is

MMM … SO BY MY KOOL! • Dié groente is spotgoedkoop en heilsaam en hoef nie vervelig te wees nie. Ons omtower dit in heerlike geregte

AS DIE SKOEN PAS • Krap jy kop oor watter trappers die beste pas by watter jeans? Ons het raad! Ons wys watter skoene jou jeans perfek afrond Deur ZOË FAULMANN

BESKERM JOU VEL TEEN BLOU LIG • Velskade kom uit talle oorde en een daarvan is blou lig, wat jy nie kan sien of voel nie

VERTEL VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad

VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ‘n mediese probleem?

AS DIE OOIEVAAR TUIS AFLEWER • Gewoonlik word ‘n tuisgeboorte maande vooruit fyn beplan saam met ‘n midwife om te verseker dat die geboorteproses glad verloop. Hoe gemaak as jy nie die luukse van beplanning het nie en baba besluit om tuis hul opwagting te maak?

AS STEELSUG OORVAT… • ‘n Onbeheerbare drang om te steel kan lewens verwoes. Ons gesels met kenners oor die redes agter kleptomanie

JOU WERK EN LENINGS • ‘n Lening van jou werkgewer kan ‘n goeie, maklike opsie wees as hulle min of geen rente hef nie. Maar dié wetlike en belastingregulasies geld

7 DINGE OOR PENSIOENGESTEUNDE HUISLENINGS

TAKEL DIE S-WOORD • Kenners gee raad oor wanneer en hoe jy die bytjies en blommetjies met jou kinders moet bespreek

OSEANE • Ons kyk na die aarde se watermassa, wat in vyf oseane verdeel kan word

KOL-TOT-KOL • VERBIND AL DIE KOLLETJIES IN DIE GROOT PRENT LINKS IN DIE REGTE VOLGORDE TOTDAT DIT SOOS DIE PRENTJIE HIERONDER LYK. WANNEER JY KLAAR IS KAN JY DIT INKLEUR NES JY WIL!

SPEEL-SPEEL • Kinders, kry julle mammie en daddy dat almal lekker kan saamspeel!

STER-BLOKRAAI

BLOKRAAI

FOTOBLOKRAAI

GROOT WOORDBOU •...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans