Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
No sample available
Title details for Weg! Platteland by Media 24 Ltd - Available

Weg! Platteland

Winter 2025
Magazine

Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.

Waarom strooi ons tog rommel?

Weg! Platteland

Vertel ons

Nuus & dagboek • Die binneblyseisoen is hier, maar met die wêreld se beste versnitwhisky of ’n klub vir liefhebbers van steengemaalde meel en suurdeegbrood kan jy jouself van binne af warm hou.

TEKEN NOU IN en betaal R84 per tydskrif

Ons gaan dorp toe! • Vir die kouer dae het ons hierdie vuurwarm kopies uitgesnuffel in Bedford, George, Gqeberha, Greyton, Johannesburg, Kaapstad, Ladismith, Mosselbaai, Plettenbergbaai, Sedgefield en The Crags.

Hou die blik kant bo! • Dertien jaar gelede het Johannita Eksteen haar oorlede ma oortuig daar ís ’n mark vir die sout-en-kruiemengsels wat sy meestal gratis uitgedeel het. Vandag maak Funky Ouma en Sout Afrika se produkte van enige ete ’n feesmaal – selfs tot in Europa, Skandinawië en Kanada!

Na waters van rus en onrus • Ál meer verbyjaers op die R62 ontdek dis die moeite werd om op die mooi versorgde dorp Montagu af te trek – vir koffie of ontbyt óf ’n langnaweek óf ’n rustige nuwe lewe geborge in die arms van die Kaapse plooiberge.

Ontmoet die mense

MONTAGU • Verwag die Onverwagte hierdie Winter

Tuisin ’n toring • Om ’n lewe in Twickenham, Engeland, vir die voorheuwels van die suidelike Drakensberg te verruil klink dalk nie soos almal se koppie tee nie, maar vir Robyn Ferraz was die terugkeer na haar familieplaas waar die Splashy Fenmusiekfees gebore is, voorwaar ’n liefdesdaad.

Op die spoor! • Fauresmith in die Suidwes-Vrystaat het op die rand van die afgrond gestaan. Maar toe verskyn Lottoland se Help-’n-dorp-projek op die toneel… en die inwoners vat daardie meevaller en woeker vir ’n vale. Nou is dit ’n plek waarheen ’n mens wil terugkeer.

Kwaai man, KweKwe! • Op Richmond in die Karoo was die verhaal van Sonwabisile Yekani een van armoede, dwelms en wanhoop. Ironies genoeg begin hy die lig sien toe hy sy ma verloor… en toe kruis sy pad op ’n dag met dié van ’n samaritaan wat hom raaksien en hom ’n kans gee.

Van pespeule tot kragkos • Met twee voedselaanvullings en ’n koffiedrankie wat van prosopissaadpeule gemaak word, skep die broers Brandt en Aam Coetzee werk op die platteland én hulle help beperk die verspreiding van dié pesplante wat in die dorste dele van Suid-Afrika reën-en boorgatwater opslurp.

Die Riemland roer! • Oor die agteruitgang in die Suid-Afrikaanse binneland word baie gepraat, en uit stoele en toetsborde klink heelwat menings op oor hoe dit gestuit kan word. Maar op Memel, Vrede en Verkykerskop in die noordooste van die Vrystaat het mense nie tyd om na dié storietjies te luister nie – hulle is te besig om iets daaraan te dóén.

Ontmoet die mense

Wat is ’n huis? • Argeoloë stem nie altyd saam oor die oudste skuilings wat deur ons oervaders gebou is nie. ’n Veilige beraming is rondom 400000 jaar, hoewel daar diegene is wat glo dit kan tot 1,8 miljoen jaar wees. Maar tel klippe wat in ’n sirkel gepak is as ’n skuiling? Wat presies is ’n huis?

Die groot (voël)griep • Die H5N1-voëlgriep wat tans grootskaalse verwoesting saai in Europa en Amerika, kan later vanjaar saam met migrerende wilde voëls sy opwagting maak in Suid-Afrika. Wat staan mense te doen wat troetelhoenders in hulle agterplaas aanhou, wonder Dalena Theron.

Ons gaan tuin toe • Leer dié winter hoe om ’n kokedama, goggahotel of terrarium te...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans