Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbouweekblad

May 29 2025
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

STOF TOT NADENKE

Bek-en-klouseer: Nuwe regulasies kom vir veilings • Bek-en-klouseer is opnuut in die kollig ná nuwe gevalle in Mpumalanga en Gauteng aangemeld is, en die verbod wat China op beesvleisinvoer uit Suid-Afrika geplaas het. Strenger regulasies vir veilings sou na verwagting ná druktyd aangekondig word.

Die reus wat Nampo is

Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com

Geskiedkundige Nampo-oesdag

Onteieningswet: ‘Eerder huidige as die 1975-wet’ • Dean Macpherson, DA-minister van openbare werke en infrastruktuur, sê hy sal eerder die nuwe Onteieningswet (Wet 13 van 2024) op die wetboek wil hê as die 1975-weergawe.

LBW, Graan SA help boere om rusperbande te ‘bevry’ • Twee Oos-Vrystaatse boere kon uiteindelik op 15 Mei die modderige toestande in hul lande aandurf om te oes nadat die ingevoerde rusperbande vir hul stropers as ’t ware 18 dae op die O.R. Tambo-lughawe vasgeval het.

Brasilië wil teelmateriaal uitvoer ná hy bek-en-klouseer klop • Indien Brasilië daarin slaag om as bek-en-klouseervry sonder inenting erken te word sodat dié land sy beesteelmateriaal kan uitvoer, meen kenners dat Suid-Afrika regstreeks daarby baat kan vind.

Rooivleis se pryslopie lui dalk volhoubaarder era in • Rooivleisprodusente maak nog nie sakke vol geld nie, maar danksy goeie karkas- en speenkalfpryse in Maart en April behoort boere amper weer gelyk te speel, sê dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO).

Noord-Kaap moet dalk sy water vir Gauteng ‘opoffer’ • Die nieregeringsorganisasie Gariep Watch van die Noord-Kaap is op die oorlogspad oor die departement van water en sanitasie se voorneme om die Benede-Oranjerivier tot klas 3, die laagste hulpbronkategorie, af te gradeer.

Vloede in Vaal- en Oranjerivierstelsels blyk meer te raak • Die eerste vloede in die Benede-Oranjerivier is in 1874 aangeteken, en hoewel verskeie ander ook daarna aangeteken is, lyk dit of die vloede in die afgelope paar jaar toeneem.

Tariefwolke pak saam oor sonkrag • Indien die staat die tariefrabat op ingevoerde sonpanele afskaf, kan dit die koste sonpanele kommerwekkend laat styg.

Inmaakfabriek vir R1 verkoop aan boere, Noorweegse fonds • Langeberg & Ashton Foods (LAF) gaan uiteindelik ’n nuwe eienaar kry nadat Tiger Brands ingestem het om die inmaakfabriek aan ’n konsortium, wat vrugteboere insluit, te verkoop.

‘Agoa is dood: Maak ander planne’ • Daar is meer landboumarkte in die wêreld as Amerika en China, en Suid-Afrika moet markte soek en sake doen met lande wat hom goedgesind is.

BOERE BY NAMPO SÊ

Graan SA wil Nampo-Tech in 2026 op dreef hê • Graan SA wil Nampo-Tech, ’n opleidingsakademie vir die landbousektor, teen 2026 op dreef hê.

Só krap Trump makadamiamark om

Moenie vir slenters val • Ná my rubriek ‘Wees versigtig met beleggings’ (LBW, 3 April) oor bedrieglike beleggings en my gesprek op ’n radioprogram is ek opnuut oorval deur hartseerstories van mense wat met sulke skelmstreke gevang is. Baie van hulle was nog vol hoop dat die beleggings sou uitbetaal. Ek was derhalwe die afgelope maand baie ongewild omdat ek verskeie mense se hoop moes vernietig.

Oesprentjie raak duideliker • Die huidige somersaaiseisoen is van die moeilikste wat saaiboere in baie jare beleef het. Tog lyk die oesskatting heelwat beter as wat die doemprofete voorspel het. Hiér is belangrike...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans