Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Kuier

Jun 05 2025
Magazine

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Kuier

HALLO, KUIER-LESERS!

BOODSKAPPE

ONS LESERS vertel… • Sedert hoërskool red hy al lewens, en nou ook ’n vreemdeling s’n aan die anderkant van ’n hele oseaan

DIE GESKENK VAN VADERSKAP • Die sterk fondasie wat ’n pa in ’n kind se lewe lê, is goud werd. Daarvan kan dié skrywer getuig uit sy verhouding met sy eie pa en kinders

Pa’s opgedra aan ons ewige Vader • ’n Pa is ’n seun se eerste held en sy dogter se eerste liefde. Ons dra dié maand ons pa’s en vaderfigure op aan God

JILL & KHADIJA PAS NIE IN BOKSIES NIE • Dié hegte vriendinne deel ’n liefde vir dinge op sy kop draai en dieper delf. Hulle gesels oor hul vriendskap en hoe hulle met hul drome woeker

WÁÁR IS ONS SEUN? • Teen druktyd was hul seun reeds meer as 100 dae vermis en die Waterboer-gesin se geloof tot die uiterste beproef

BABAVOEDING ONDER DIE SOEKLIG • Babavoeding ontlok altyd emosies, en nou is daar navorsing oor formulevervaardigers se verhouding met die mediese bedryf wat die oë laat rek. Ons gesels met ma’s en ’n borsvoedingskenner

VROEË TEKENS DAT JOU KIND NIE GENOEG UIT JOU BORSMELK KRY NIE

’N OUMA SE LIEFDE WAT OOR GENERASIES STREK • Met jou ouma se guns oor jou lewe kan jy berge versit — daarvan kan dié jong man getuig wie se huldeblyk aan haar viral gegaan het

STIL KRAG, SKERP KOP, SAGTE HART • Prof. Debra Meyer is nie net ’n aangewese rektor nie. Sy’s die toonbeeld van ’n wetenskap- en taalbrein in een dinamiese pakkie, en sy stoom voort in haar liefling-Afrikaans!

SLANGVANG IS SY PASSIE • As slang se kind jou die dag verras, wil jy dié ou aan jou kant hê. Ons gesels met ’n slangvanger wie se liefde vir dié diere oor dekades strek

‘DIS ALLES NET DIE HERE SE GENADE’ • Een geseënde jaar later in die Koortjies-stoel gesels Elwira Standili oor die ervaring, haar droomman, eersdaagse album en geliefde

SIT AAN VIR STEAK • Roer sy hart met ’n sappige steak dié Vadersdag

PA’S MET STYL • Dié celeb-pa’s se looks is nooit vervelig nie. Ons wys hoe die man of pa in jou lewe hul look kan naboots

KLEUR DAAI KROON • Dis soms makliker om af te sit salon toe en jou hare deur ’n pro te laat kleur, maar dit kan behoorlik jou sak ruk. Gelukkig hoef jy nie baie geld uit te gee as jy ’n bietjie met ’n nuwe haarkleur wil eksperimenteer nie. As jy jou hare tuis kleur kan dit netso goed lyk as ná ’n salonbesoek. Of jy lastige grys wil wegtoor, jou huidige haarkleur wil verfris of ’n nuwe kleur wil waag, selfdoenkleursel kan jou tyd én geld spaar

VERTEL VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad

VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ’n mediese probleem?

BELANGRIKE MINERALE VIR ’N GESONDE LIGGAAM • Minerale help jou liggaam om ’n gesonde balans van vloeistowwe te handhaaf. Só kry jy genoeg van dit in

NEEM TERUG JOU MAG EN LAAT ANDER MET RUS • Hoeveel van jou stres word veroorsaak deur die knaende behoefte om mense en situasies te wil beheer? Lees hier hoe ’n ma en topverkoperskrywer haar lewe met die Let Them-beginsel omgeswaai het — en hoe jy dit ook kan doen

STUIT MUF IN SY SPORE • Muf is nie net onaansienlik en moeilik om van ontslae te raak nie, dit hou ook gesondheidsgevare in. Raak só ontslae daarvan

DRIE SELFGOED-GESKENKIDEES VIR PA • Hulle sal dit nooit openlik erken nie, maar pa’s hou daarvan om bederf te word....

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans