Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
ONS LESERS Vertel… • As die adjunkkoördineerder van ’n nasionale veldtog om Afrikaans te vier, is sy passievol oor dié taal en sy mense
OP DIE SKOUERS VAN 'N REUS • Jy hoef nie ver te soek vir een van die redes agter die kwiksilwervleuel Cheslin Kolbe se sukses nie – hy sê onomwonde dis die impak van ’n teenwoordige pa
TWEE OUMAS VERENIG IN SMART • Met hul groenoog-sonskynkleinkind steeds spoorloos en haar ma wat haar verkoop het agter tralies, vind twee oumas dit verskriklik moeilik om voort te gaan met hul lewens. Amanda Smith-Daniels en Lorita Yon kan steeds nie hul lewens indink sonder hul Joshlin nie. Hoe ’n ma haar eie kind kon verkoop, is die vraag waarmee die land en dié oumas nog elke dag worstel …
'ELKE BABATJIE HET 'N PLEK IN MY HART' • Ná die verlies van ses babas vertel die skoonheidskoningin Candice Williams van haar lang, moeilike pad na ma-wees
DIE LEWE NÁ MATRIEK • ’n Universiteitsgraad klink dalk na die beste ding om agter jou naam te voeg, maar dis nie vir álmal nie, sê kenners. Daar is talle ander maniere om ’n blink toekoms uit te kerf
ALTERNATIEWE OPLEIDING SLUIT IN:
LIAM SOEK VERANDERING VIR NAGESLAGTE • Op net 24 klink hy wys verby sy jare wanneer hy vertel hoe hy ’n beter land wil agterlaat – en sy ervaring in die stoeikryt mag dalk net sy geheime wapen wees …
'EK WOU MY LEWE NEEM, NOU HELP EK ANDER' • Sy’t haar lewe probeer neem toe sy destyds matriek vir ’n tweede keer gedruip het. Maar vandag is sy self ’n onnie – en gebruik sy haar eie ervarings om ander te help
NADINE SE RAAD AAN JONGMENSE WAT SWAAR TREK
VERLAM GELAAT EN STEEDS DIEN HY SY GEMEENSKAP • Twee jaar terug het ’n ongeluk aan diens die koers van dié konstabel se lewe verander, maar hy ken nie van opgee nie
'MAMMA C' LEEF HAAR DROOM • Sy sing haar hart uit vir oorsese gehore, maar sukses het nie oornag gekom nie en daar was heelwat struikelbokke op pad na die wêreldverhoog
BRENDON: DIE HOOFKARAKTER IN SY EIE VERHAAL • ’n Geselsie met dié talentvolle akteur draai na sy hartsmense en die dinge wat hom laat tiek
KERRIE BLY KONING • Kerriespeserye gee lam, bees en hoender lekker skop, en dis die smaaklikste trooskos teen die winterkoue
ROOI, GROEN EN GEEL THAISE KERRIEPASTA
WINTERWENNERS • Dié items is net die ding om die koue bibberweer te verdryf – én dis boonop lekker stylvol ook
RUIK SOOS 'N DROOM • Wil jy ’n indruk maak met jou geurtjie? Só kan jy jou perfume langer laat hou
VERTEL VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ’n mediese probleem?
DIE BOONTJIE IS 'N WONDERLIKE DING • Die saad van die nederige peulvrug is veelsydig, bekostigbaar en boonop ook goed vir jou
BOU SÓ GOEIE SIB-BANDE • Jou kinders se verhoudings met mekaar kan goed of sleg uitdraai – só kan ouers dit in hul vormingsjare help vorm en bestuur
BEGIN 'N NUWE BESIGHEID OP JOU OUDAG • Wil jy ná aftrede ’n nuwe hoofstuk begin? Lees hier hoe jy met selfvertroue ’n passie of stokperdjie in werk kan omskep
WENKE VIR JOU BEPLANNING
STOKPERDJIES EN SKILLS WAT SENTE KAN INBRING
AANHOUER WEN! • Dié twee planmakers het bloed gesweet om ’n opvoedkundige app te skep, en hulle harde werk werp...